Gibeon kry N$3 000-begroting vir 2023-24
Plaaslike media berig dat die Gibeon-dorpsraad ‘n totale begroting van 3 000 Namibiese dollar ontvang het vir die huidige boekjaar. Daar is sommige menings dat dit handel oor die verskille tussen die regerende Swapo-party en die LPM wat die Suide beheer. Maar volgens berigte sê die lynminister, Erastus Uutoni die begroting het niks te make met politieke verskille nie. Hy sê die begroting word bepaal deur die aktiwiteite van die plaaslike owerheid en Gibeon het in vorige jare herhaaldelik versuim om die fondse wat aan hom toegeken is, te gebruik. Die dorpsraad het ook geen planne vir die boekjaar ingedien nie, ook nie vir ontwikkeling. Gibeon krepeer en daar is reuse-finansiële tekorte, sowel as ‘n tekort aan beskikbare grond en formele eienaarskap.