Atletiek: Ses jaar-verbod op vinnige Carina gehandhaaf
Atletiek: Die integriteitskomitee van Wêreld-atletiek het ‘n ses jaar-verbod op die Suid-Afrikaanse 100 meter-rekordhouer Carina Horn gehandhaaf. Die Basque openbare owerheid het aanvanklik ‘n verbod op haar geplaas na ‘n wedloop in Ordizia, Spanje, in Junie verlede jaar. Horn het positief vir die steroïde clenbuterol getoets. Sy mag appèl teen die besluit van die wêreldliggaam by die Arbitrasiehof vir Sport aanteken. Dit is Horn se tweede oortreding. Sy is die enigste Suid-Afrikaner wat die 100 meter in minder as 11 sekondes kon aflê.