Pakistanse oudpremier en krieket-ster gearresteer ná vonnis

Pakistan se voormalige premier en krieket-ster, Imran Khan, is by sy huis in Lahore in hegtenis geneem nadat hy tot drie jaar tronkstraf gevonnis is vir die onwettige verkoop van staatsgeskenke. Bilal Siddique Kamiana, polisiehoof van Lahore, het die arrestasie van Khan bevestig en sê dat die oudpremier na die hoofstad, Islamabad, oorgeplaas word. Die 70-jarige oud-krieketspeler is gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy posisie misbruik het om geskenke ter waarde van meer as 635 000 Amerikaanse te verkoop wat ontvang is tydens sy besoeke as eerste minister tussen 2018 en 2022  in die buiteland.