Afrika se afhanklikheid van steenkool, olie maak vasteland kwesbaar
Volgens die Statistical Review of World Energy-verslag het Afrika verlede jaar sterk staatgemaak op nie-hernubare hulpbronne om in sy energiebehoeftes te voorsien. Olie en aardgas was van die primêre energiebronne wat regoor die vasteland gebruik is, en veral Suid-Afrika het sterk op steenkool staatgemaak vir sy energie-produksie. Afrika se groot afhanklikheid van nie-hernubare energiebronne sal lande blootstel aan energie-sekuriteitsrisiko’s aangesien baie nie-hernubare hulpbronne beperk is en onderhewig is aan skommelinge in wêreldpryse en voorsienings-onderbrekings. Dit is die mening van High Economic Intelligence wat ‘n ontleding gedoen het. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van die firma gesels.