Ministerie gesels oor jongste oor brandstofheffings, steeds opgehefAugust 2, 2023

Die Namibiese ministerie van myne en energie het sekere brandstofheffings verlaag of gekanselleer ingevolge die regering se verligtingsmaatreëls. Die maatreëls het daartoe gelei dat die Padfonds-administrasie en die Motorvoertuig-ongelukkefonds se heffings verlaag is. Volgens mediaberigte word beplan om die brandstofheffing wat Namcor ontvang, te kanselleer, omdat dit ‘n kommersiële entiteit is wat inkomste genereer. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se senior skakelbeampte, Andreas Simon, gepraat, wat meer oor die jongste brandstofheffings deel.

Simon voeg by dat die Padfonds-administrasie en die Motorvoertuig-ongelukkefonds aangeraai is om na ander maniere te kyk om geld te kry, alhoewel die administrasie die tolhek-program tot verdere kennisgewing uitgestel het.