Informele nedersettings ly ergste onder klimaatsverandering

Die Climate Justice Charter-beweging het kommer uitgespreek oor die uitwerking van die Wetsontwerp op Klimaatsverandering op informele nedersettings in die buurland. Dit volg aangesien die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap negatief deur vloede geraak word. ‘n Aktivis van die beweging, Charles Simane, sê die wetsontwerp moet erken Suid-Afrika is ‘n klimaatsveranderings-brandpunt. Hy sê die gebrek aan basiese dienste en infrastruktuur in informele nedersettings vererger die uitwerking van klimaatsverandering en lei tot verskeie omgewingsgevare.