Restourasie van Kaapse parlement sloer

In die buurland het die sekretaris van die parlement, Xolile George, meer lig gewerp op uitdagings met veiligheid wat ʼn invloed het op pogings om die verwoeste dele van die Nasionale Vergadering in Kaapstad te herbou. Dele van die kompleks is in Januarie verlede jaar deur ʼn brand in puin gelê. George het lede van die Parlementêre Galery-vereniging ingelig oor die restourasie-pogings. Hy sê toegang tot die kompleks is ook aanvanklik beperk weens die ondersoek na die brand. Volgens George behoort die restourasie teen November 2025 afgehandel wees.