NamWater: Water steeds na Von Bach oorgepomp

Daar word steeds water vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgepomp, asook van noordelike waterbronne, maar dit het nog nie Von Bach bereik nie. Volgens NamWater se dambulletin staan Von Bach se vlak nou op 20,9 persent teenoor verlede jaar se 50,8 persent. Swakoppoort se vlak staan op 62,8 persent teenoor verlede jaar se 87 persent. Gobabis se damvlakke lyk net so benard, en is gesamentlik slegs 7,1 persent vol teenoor verlede jaar se 21,2 persent. Water word vanaf die Daan Viljoen na Tilda Viljoen oorgepomp wat nou 30 persent vol is. Daan Viljoen is nou 19,1 persent vol teenoor verlede jaar se 50, 3 persent.