China sê armoede kan in Afrika uitgewis word
Die adjunk direkteur-generaal van die Internasionale Armoedeverligtingsentrum in China, Li Xin, is optimisties oor die uitroei van uiterste armoede in Afrika. Volgens syfers van die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling het 490 miljoen mense in Afrika in 2021 onder die armoedevlak geleef. Li Xin beklemtoon om die doel te bereik sal politieke wil, toewyding van leiers, samewerkende pogings, doeltreffende beleid en geteikende ingrypings verg. Sy glo dit sal geleenthede skep vir ekonomiese groei en ontwikkeling van kwesbare gemeenskappe: