Nampol waarsku teen onwettige visvang ná vyf vasgetrek is
Onwettige visvang in die noordoostelike riviere van die Zambezi en Okavango is ‘n groot uitdaging. Die Namibiese polisie in die Zambezi-streek het ‘n streng waarskuwing uitgereik teen die onwettige visvang van beide buitelanders en Namibiërs. Vyf verdagtes is in hegtenis geneem die onwettige visvang by Lianshulu. Volgens die stasiebevelvoerder van Katima Mulilo, hoofinspekteur Charles Mayumbelo, is die verdagtes een Namibië en vier Zambiërs wat glo deur ‘n Namibiese burger in diens geneem is om namens haar vis te vang. Mayumbelo het ook plaaslike owerhede aangeraai om meer waaksaam te wees om sulke misdade te monitor en te voorkom. Hy glo die vis word na Zambië vervoer en is bestem vir Kasumbalesa, ‘n dorp in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Mark Paxton van Shamvura Camp by die Okavangorivier het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dit is al ‘n jare lange uitdaging.