Houtskoolprodusente kom reëls noukeurig na

Die Kosmos-span het tydens ‘n reis na die Noordweste gesien dat houtskoolhrodusente die reëls vir produksie noukeurig volg. Sentrale of groepverbranding van houtskool deur drie tot vier werkers wat in een gebied gegroepeer is, is verpligtend, terwyl verspreide verbranding deur individuele werkers in die veld verbied word. Die Houtskoolvereniging van Namibië het produsente voorheen gewaarsku om uiters versigtig te wees om die risiko van veldbrande te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Degé, bestuurder van die vereniging gesels wat ‘n beroep op die publiek doen om produsente aan te meld wat nie die reëls volg nie.

In ander nuus bied die vereniging sy algemene jaarvergadering op van 7 tot 9 September by Gross Barmen buite Okahandja aan. Die termyn van die raadsvoorsitter, Koos Fourie, eindig en daar word na ‘n nuwe raad gesoek.