Daar wag ‘n nuwe avontuur op Engelse Kanaal-swemmers

Die Namibiese atlete, John Valentin, Roual Spangenberg en Christopher du Plessis, bedank alle Namibiërs vir hul ondersteuning in hul swemtog en sê daar wag ‘n nuwe avontuur op die horison . Hulle het die Engelse Kanaal in 14 ure en 59 minute verower in hul aflos-swemtog ten bate van die Ladybug-trust. Die harte van Namibiërs is aangegryp omdat die drie ten bate van babas in neonatale intensiewe sorg in die yskoue water sonder duikpakke geswem het. Spangenberg het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…