Eerste sokkerspeler wat £1m verdien, sterf

Die eerste Engelse speler wat meer as ‘n miljoen-pond verdien het, Trevor Francis, is in die ouderdom van 69 oorlede na ‘n hartaanval. Hy het sy beroepsloopbaan in 1970 vir Birmingham begin op die ouderdom van 16 en Nottingham Forest het nege jaar later die rekordbedrag vir hom betaal. Daar is destyds gesê die bedrag was net 999 999 pond sodat Francis nie onder druk moes wees nie. Hy het kort daarna die wendoel vir Nottingham aangeteken in die eindstryd van die Europese Bekerkompetisie. Francis het ook 12 doele in 52 wedstryde vir Engeland aangeteken.