Davids verwag beter vertoning teen die Pumas

Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, sê hulle het hulself onder die loep geneem ná die nederlaag teen Nieu-Seeland en is vasbeslote om ‘n goeie terugkeer te maak. Die Bokke kom Saterdag in Johannesburg teen Argentinië te staan in hulle laaste Rugbykampioenskapswedstryd. Indien die Wallabies vroeër die dag in Melbourne met die All Blacks afreken, staan die Springbokke ‘n goeie kans om die titel te wen. Davids sê hulle moet in alle aspekte van die spel verbeter wanneer hulle teen die Pumas uitdraf: