SA elektrisiteitsminister: Beurtkragvlakke daal nie genoeg

Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê terwyl die regering dag en nag werk om beurtkrag te beëindig, is daar ‘n behoefte vir Eskom om voortdurend te verseker dat hy die betroubaarheid van opwekkings-eenhede verbeter. Hy het sy weeklikse terugvoer gegee oor die instelling van die Energie-aksieplan. Ramokgopa sê dit is veral problematies wanneer Eskom van tyd tot tyd aankondigings moet doen oor hoër vlakke van beurtkrag, omdat dit die geloofwaardigheid van hul pogings ondermyn.