Krieket: Junior Eagles klop Tanzanië
Krieket: Die Walvis Bay Salt Eagles het Tanzanië vandag in hul hoofstad met ‘n allemintige 106 lopies geklop. Die Eagles het 139 lopies behaal en daarna met Tanzanië se kolfbeurt ‘n puik boul-aanval geloods deur die span na 33 lopies uit te haal. Die Eagles se eerste wedstryd teen Uganda in die IKR se onder-19 Mans Wêreldbeker Afrika kwalifiserende reeks het Sondag op ‘n slegte noot in Dar es Salaam afgeskop toe die wedstryd weens reën gestaak is. Hulle sal meeding teen Nigerië, Sierra Leone, Tanzanië en Uganda vir ‘n plek in die toernooi in Sri Lanka.