Boks: Amateurs kry kans om aan toernooie deel te neem

Boks: MTC Nestor Sunshine Tobias Boxing and Fitness Academy het ‘n suksesvolle amateur-bokstoernooi vir ontwikkeling in die hoofstad aangebied. Die doel van die toernooi is om boksers te vorm en te ontwikkel. Dit is nie net vir die toekoms wanneer hierdie amateur en junior boksers professionele boksers word nie, maar ook vir deelname aan sportbyeenkomste soos die All-Afrika-spele, Olimpiese Spele en Statebondspele. Boks-afrigter Nestor Tobias het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…