Afrika maak gebruik van agri-bots

‘n Onlangse studie het gewys Afrika maak goeie vordering met die gebruik van tegnologie in die landbousektor. Kenners sê boere wat toenemend robotte gebruik, mik daarna om boerderymetodes te vernuwe en voedselsekerheid op die vasteland te bevorder. Hierdie robotte word agri-bots genoem en is ontwerp om moeilike werk soos plant, oes en die uitroei van onkruid te doen. Dit verhoog nie net produktiwiteit nie, maar verminder ook die behoefte aan hande-arbeid. Dis ‘n belangrike voordeel op ‘n vasteland waar boerdery dikwels arbeids-intensief en fisiek uitdagend is.