Wes-Kaap ondersteun atletiek
Atletiek: Die Wes-Kaapse LUR vir kultuursake en sport, Anroux Marais, sê die departement ondersteun sportkodes in die provinsie om te verseker atlete kan sukses behaal. Sy was die spreker tydens ʼn erkenning-seremonie vir Wes-Kaapse atlete en administrateurs wat die afgelope paar maande buitengewone welslae behaal het. Marais se waarnemende woordvoerder, Tania Colyn, sê onder die atlete wat vereer is, is Lunga Sitemela, Nabilah Ebrahim en Simamkele Tutsheni.