Plant bome om klimaatsverandering te beveg

Die Tuinroete-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê hittegolwe in die Noordelike Halfrond is ‘n teken van wat in 2024 vir Suid-Afrika voorlê, maar burgers kan klimaatsverandering beveg met boomplant-projekte. Cobus Meiring van die Tuinroete-omgewingsforum doen ‘n beroep op almal om boomplant-bedrywighede te ondersteun.