LAC spreek skok uit oor ‘haatspraak’ in Nasionale Raad
Die Regshulpsentrum het sy skok uitgespreek oor ‘haatspraak’ van die Nasionale Raadslid van Swapo, Andreas Amundjindi. Hy het hewig uitgevaar teenoor die LGBTQ-gemeenskap tydens die debat oor die wetsontwerpe wat selfdegeslaghuwelike verbied. Die Swapo veteraan Jerry Ekandjo het die Privaatlede-wetsontwerp voorgestel, asook wysigings op die Huwelikswet. Na die wetsontwerpe in die komitee-stadium in die Nasionale Raad bespreek is, sal beide die konsepwetsontwerpe na die Nasionale Vergadering terugkeer vir goedkeuring. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die sentrum, Toni Hancox gesels wat met skok op die raadslid se uitlatings gereageer het…