Energiekenner bekommerd oor hoë beurtkragvlakke

Die Suid-Afrikaanse energiekenner Sampson Mamphweli het kommer uitgespreek oor die potensiaal vir hoër vlakke van beurtkrag in die somer indien ingrypende maatreëls nie getref word om die land se elektrisiteits-opwekkingsvermoë te verbeter nie. Mamphweli het die vertraging met die opknapping van twee eenhede by die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad uitgelig as ‘n bydraende faktor wat die land kan verhoed om hoër vlakke van beurtkrag te vermy.