DA verwelkom Putin se afwesigheid by Brics-beraad
Die DA verwelkom die Presidensie se aankondiging dat die Russiese President, Vladimir Putin, nie volgende maand se 15de Brics-beraad in Suid-Afrika gaan bywoon nie. Die besluit volg op die DA se regs-aansoek om die Internasionale Strafhof se lasbrief vir Putin se inhegtenisneming af te dwing. Die hooggeregshof in Pretoria het beslis President Cyril Ramaphosa se beëdigde verklaring in reaksie op die regsuitdaging moet openbaar gemaak word. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die oorwinning beveilig ekonomiese belange en bewys ʼn verbintenis tot die internasionale reg en menseregte.