Mayweather sê Mnangagwa is ‘n president vir die volk
Die onlangse besoek deur die afgetrede bokser Floyd Mayweather aan Zimbabwe het baie vrae laat ontstaan. Mayweather is deur die omstrede sakeman en goudhandelaar Scott Sakupwanya, wat in Al Jazeera se Gold Mafia-ondersoek genoem word, genooi. Mayweather het ‘n Zanu-PF saamtrek bygewoon en met President Emmerson Mnangagwa vergader. Hy is blykbaar genooi om die jeug te motiveer om vir Zanu-PF te stem in die reeds omstrede verkiesings in Augustus. Dit is onbekend wat Mayweather betaal word maar kenners meen betaling is ‘n gegewe. Mayweather het so met die Zimbabwiese staatsmedia gepraat tydens sy besoek.