AfriForum verwelkom Appèlhof-uitspraak dat Zuma moet terug tronk toe

AfriForum het die Konstitusionele Hof se besluit verwelkom om die Appèlhof se beslissing te handhaaf, dat oudpresident Jacob Zuma moet terugkeer tronk toe om sy vonnis te voltooi. Die Departement van Korrektiewe Dienste het probeer om te appelleer teen die Appèlhof se uitspraak in November verlede jaar, dat die voormalige hoof van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, Zuma se vrylating op mediese parool in September 2021 onwettig gemagtig het. Zuma is tronk toe gestuur vir minagting van die hof. Ernst van Zyl van AfriForum, sê die oudpresident moet dadelik teruggaan tronk toe.