Outa: Aarto sal nie padsterftes keer

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy neem kennis van die Konstitusionele Hof se beslissing dat wetgewing rondom die nuwe Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings inderwaarheid geldig is. Outa het die hoogste hof genader om die Pretoriase hooggeregshof se uitspraak dat die Aarto-wet ongrondwetlik en ongeldig is, te bevestig. Aarto is ‘n enkele nasionale padverkeersregulering wat ‘n strafpuntstelsel insluit. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Stefanie Fick, sê Aarto sal nie die epidemie van padsterftes en -beserings doeltreffend aanspreek nie.