GirlUP beplan projek in Omaheke
GirlUp is tans besig met die beplanning van ‘n inisiatief in die Omaheke-streek om sanitêre doekies aan behoeftige meisies te skenk, veral met die skool wat gaan begin. Uitdagings met ‘n tekort aan sanitêre doekies, veral vir skoolgaande meisies, is alom bekend in Namibië. Duisende skoolmeisies word gedwing om vir ‘n paar dae tuis te bly omdat hulle nie die doekies kan bekostig nie. Die uitdaging kom regoor Afrika voor. Kenia het onlangs gratis sanitêre doekies vir skoolmeisies aangekondig, maar in Namibië is alleenlik belasting op die produk opgehef. Intussen ontvang vroulike gevangenes gratis sanitêre doekies. Kosmos 94.1 Nuus het met Joy Pohno van GirlUp oor hul planne gesels…