Oudste SA wynplaas, Groot Constantia, vier 338ste bestaansjaar
Suid-Afrika se oudste wynplaas Groot Constantia vier sy 338ste bestaansjaar deur sy ou wynkelder op die landgoed vir ‘n beperkte tyd oop te stel. Die wynkelder sal wynliefhebbers ‘n besondere wynproe-geleentheid bied en dit ook moontlik maak om skaars en versamelaars-wyne van eeue oud aan te koop. Groot Constantia wat sy legendariese wyne reeds sedert 1685 maak, het ‘n betekenisvolle plek in die Suid-Afrikaanse erfenis. Die besondere wynkelder-ervaring word van hierdie week tot einde Augustus aangebied.