Sneeu en koue tref Wes-Kaap

Die Namibiese Meteorologiese Diens het ‘n weerwaak uitgereik vir koue toestande in die Suide, asook streke van Khomas en Omaheke met ryp wat kan voorkom. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê wydverspreide sneeu en baie koue weerstoestande wat die Wes-Kaap getref het, sal na verwagting binne die volgende paar dae ooswaarts uitbrei. Koue, tot baie koue temperature word in die meeste dele van die land verwag, met sneeu op hoogliggende gebiede. ‘n Weervoorspeller, Venetia Phukula, sê die jongste kouefront het tot gevolg dat dagtemperature aansienlik gaan daal, gepaardgaande met buie en reën.