Pleidooi vir belastingafskaffing op noodsaaklike items
Ná die skokkende verslae van 45 kinders wat in die eerste ses maande in Omaheke weens wanvoeding gesterf het, het oproepe van die publiek gekom dat die regering moet oorweeg om belasting af te skaf op die meeste basiese voedsel-items en ander benodigdhede soos onder andere kookolie, mieliemeel, rys, noedels, blikkies vis en baba-doeke- en -formule. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie van die Universiteit van Namibië gepraat of dit weerlose Namibiërs sal help om armoede die hoof te bied.