Biden: Besluit oor trosbomme vir Oekraïne nie ligtelik opgeneem
Amerikaanse President Joe Biden sê die besuit om trosbomme na Oekraïne te stuur, was ‘n moeilike, maar noodsaaklike besluit. Volgens Biden is Oekraïne se wapenvoorraad uitgeput weens die Russiese inval. Meer as 100 lande verbied die gebruik van trosbomme en talle humanitêre organisasies het die stap veroordeel. Biden sê dié besluit is nie ligtelik geneem nie. Amerika se nasionale veilligheidsraadgewer, Jake Sullivan sê intussen die trosbomme wat gestuur is, is veiliger as dié wat Rusland in die konflik gebruik.