Russiese aanval dood 3 in Lviv

Ten minste drie mense is dood ná ‘n Russiese missielaanval op ‘n woonstelblok in die westelike Oekraïnse stad Lviv. Agt mense is beseer met sommige wat nog onder die rommel vasgekeer is. Die burgemeester van Lviv, Andriy Sadovyi, sê die getal sterftes kan toeneem soos reddingspanne voortgaan om mense onder die rommel uit te haal. Die stad is die genadelose bomaanvalle grootliks gespaar wat die res van die land sedert die Russiese inval beleef het.