Uitspraak vandag verwag in Menzies se ‘verkrygingsaansoek’
Menzies Aviation bly in die nuus. Sy dringende aansoek voor regter Shafimana Ueitele, wat Dinsdag aangehoor is, en waar hy vra vir redelike kennisgewing om te ontruim, sowel as tussentydse verligting tot sy aansoek vir ‘n oorsig aangehoor kan word, verwag uitspraak op 4 Augustus. Intussen is sy aansoek voor regter Eileen Rakow, ook in die hoërhof, vandag op die rol – ook vir uitspraak. In die aansoek daag hy die verkrygingswetgewing, soos deur die Namibiese Lughawensmaatskappy toegepas uit, en ook die bepalings wat toegepas wat om hom uit die wedloop vir die vraghanteringskontrak op Hosea Kutako Internasionale Lughawe gegooi het.