Groenskema-boere nie te bekommerd oor Hardapdam
Namibiese damme is tans gesamentlik 66,3 persent vol teenoor verlede jaar se 80,1 persent, volgens NamWater se dambulletin. Damme wat Windhoek van water voorsien is tans 33,5 persent vol teenoor verlede jaar se 54,9 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 21,9 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 7,4 persent vol teenoor verlede jaar se 21,7 persent met Otjivero se vlak op 9,6 persent. Suide-damme is gesamentlik 74,4 persent vol, ondanks ‘n verlies van 1,634 miljoen kubieke water wat uit die Hardapdam vir besproeiing onttrek is. Die damvlak staan nou op 35,4 persent teenoor verlede jaar se 66,4 persent. Neckartaldam is 91,2 persent vol en die Nautedam staan op 60,7 persent. Rico Bothma een van die boere van die Hardap-groenskema het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…