Publiek moet insette gee oor twee opsies vir ’24-skoolkalender
Die Namibiese onderwysministerie vra insette van die publiek oor twee voorgestelde skoolkalenders vir volgende jaar. Skole kan in die eerste semester of op 10 of 15 Januarie 2024 open en dan op 12 of 13 Junie sluit. Vir die tweede semester kan skole op 15 of 17 Julie open om op die 6de Desember te sluit. Vir die eerste semester is die middelsemester-breek vanaf 21 Maart tot 1 April vir albei opsies. In die tweede semester is die breek of tussen 9 en 13 September of, 16 tot 20 September. Insette moet teen 28 Julie die ministerie bereik.