BEE kan nie geskrap word sonder alternatief nie
Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê beroepe dat breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging geskrap word sonder dat ‘n alternatiewe hervormingsbeleid voorsien word, is voortydig en onregverdig. President Cyril Ramaphosa het onlangs die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming as wet onderteken. Dit wil hervorming van die land se werksmag bevorder deur gelykheidsteikens vir ekonomiese sektore en geografiese streke te stel. Ntshavheni sê die teenkanting teen hervormingsbeleide word duidelik deur rassisme aangespoor: