Arbeidsminister Nujoma woon handelsexpo in China by

Die arbeidsminister is in Changsha in China vir die Chinese-Afrika Ekonomiese- en Handelsexpo wat tot oormôre duur. China het groot belangstelling in die vryhandelsooreenkoms en Namibië beplan ‘n spilpunt vir sy produkte in die DRK. Nujoma het met die plaaslike uitsaaier, die NBC gesels en sê kleiner plaaslike handelaars en die informele sektor sal voordeel daaruit trek.