Shikongo soek nouer samewerking met Interpol

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo sê misdaad is lankal nie meer ‘n nasionale aangeleentheid nie en strategieë moet ontwikkel word om sindikate en kriminele netwerke te teiken. Hy het ‘n beroep op Interpol se sentrale buro’s gedoen om nouer met Afrika-polisiemagte saam te werk. Hy sê georganiseerde misdaad word oorgrens bedryf en sindikate buit swak stelsels uit. Shikongo sê dat beter samewerking en koördinering uiters belangrik is vir die SAOG-streek se polisiëring en Interpol speel ‘n kritieke rol daarin.