Nóg miljarde se militêre hulp aan Oekraïne
Ministers van buitelandse sake van lande in die Europese Unie het in Luxemburg ooreengekom op ‘n bykomende bedrag van 3,5 miljard Euro aan ‘n fonds wat gestig is vir militêre hulp aan Oekraïne. Die EU se hoof van buitelandse beleid, Josep Borrell het lande verlede week gevra om die befondsings-plafon vir die Europese Vredes-fasiliteit te lig. Daar is reeds sowat 4,6 miljard Euro uit die fonds betaal vir militêre hulp aan Oekraïne.