ANC moet na belange van bruin mense omsien – Cyril
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se ongelyke verspreiding van rykdom en inkomste word steeds grootliks gekenmerk deur rasse-, ruimtelike en geslags-demografie uit die koloniale en apartheidsverlede. Hy het die slotopmerkings by die ANC se Wes-Kaapse konferensie gelewer. Ramaphosa sê die regerende party moet die waarneming dat die ANC nie die behoeftes en belange van bruin mense veral in die Wes-Kaap in ag neem nie, ernstig opneem.