VSA: Wagner-groep betrokke in agt Afrikalande

Die onenigheid tussen die Wagner-groep en die Russiese regering kan diplomatieke implikasies vir Mali en die Sentraal Afrikaanse Republiek inhou. Lede van die huursoldaat-groep is toenemend betrokke in dié lande se interne konflikte. Sowel die SAR as Mali het die afgelope jare nouer bande met Rusland gesmee weens dié land se pogings om groter invloed in Franssprekende gebiede in die weste van Afrika te kry. Sowel Frankryk as die VSA het vroeër die invloed van die Wagner-groep in Afrika-lande se konflik gekritiseer. Volgens uitgelekte VSA-dokumente is die Wagner-groep in minstens agt lande in Afrika betrokke.