Kostebesparings vir Namibiese onderwyskonferensie

Die kabinet het die ministerie van finansies en openbare ondernemings en die Nasionale Beplanningskommissie opdrag gegee om moontlike finansiële hulpbronne beskikbaar te stel vir die implementering van die Namibiese onderwyskonferensie, soos versoek deur die onderwysministerie. Die onderwys-taakspan van die konferensie moet ook die moontlike kostebesparings identifiseer en bereken. Die kabinet het verder die voorgestelde implementerings-prioriteite goedgekeur van sowat 3,6 miljoen Namibiese dollar vir fisiese onderriggeriewe en 2,6 miljoen dollar vir inligtingskommunikasie-tegnologie.