Vredesooreenkoms in Mali kan skipbreuk ly
‘n Koalisie van gewapende groepe in die noorde van Mali het gewaarsku dat die vredesooreenkoms in die gebied skipbreuk sal ly indien die Verenigde Nasies se vredesmag hom aan Mali sou onttrek. Dit volg nadat Mali se militêre regering die VN se Minusma-mag beveel het om die land onmiddellik te verlaat. Die koalisie sê die VN-mag se onttrekking sonder ‘n alternatief sal die veiligheidsituasie in Mali en die hele streek bedreig. Die VN is sedert 2013 in Mali nadat gevegte uitgebreek het tussen insypelaars en militante groepe. Dit het gelei tot die dood van duisende mense en ekstremiste wat in beheer is van groot dele van die land.