Banke in die spervuur in NV

Finansiële instellings, veral die handelsbanke, het in die Nasionale Vergadering onder skoot gekom met parlementslede wat kla oor hoe banke Namibiërs van hul swaarverdiende geld beroof. Vipuakuje Muharukua van die Popular Democratic Movement sê wanneer mense oor korrupsie in die land praat, kyk hulle meestal na ministeries, staatsdepartemente en -ondernemings, maar hulle sien nie raak wat die banke doen nie. Muharukua bevraagteken ook die deposito’s wat die banke vra wanneer ‘n mens ‘n erf koop.