Perdewedrenne: Britse Royal Ascot skop vandag af

Perdewedrenne: Brittanje se Royal Ascot keer vandag terug en duisende mense sal dit na verwagting tot Sondag bywoon. Die ikoniese geleentheid behels die prestige-rykste langafstand-perdewedrenne, met die wêreld se beste langasems wat deelneem. Sewe wedrenne vind vandag op die renbaan in Berkshire plaas. Garrard-fyn-juweliersware se ontwerp- en ontwikkelingsdirekteur, Claire Scott, sê intussen daar sal veranderings aan die trofee wees aangesien ‘n ontwerp van koning Charles en Camilla se name op die Royal Ascot-beker gegraveer word.