Afrika-geldeenheid vir transaksies sal fooie op die vasteland hou, en transaksies bespoedig
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op ’n Pan-Afrika-betalingstelsel wat Afrika-lande sal toelaat om onderling handel te dryf deur hul eie geldeenhede te gebruik. Die African Export-Import Bank verwag dat 15 tot 20 lande teen die einde van die jaar by die Pan-Afrikaanse Betalings- en Skikkingstelsel sal aansluit. Die platform het reeds kommersiële bedrywighede begin met nege lande wat tot dusver aangemeld is. Die oorgrote meerderheid van Afrika se intra-streekshandel word gedoen deur omskakeling na die Amerikaanse dollar. Ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence Salomo Hei het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê nie net sal transaksies vinniger wees nie maar, die kostes wat tans in Amerikaanse dollar betaal word, word gespaar en plaaslik behou.