AfDB geen N$8,8m aan Stad Whk vir 50 000 huise met sonkrag

Die Stad Windhoek het ‘n toelae van 8,8 miljoen Namibiese dollar van die Afrika Ontwikkelingsbank ontvang om 50 000 huise in informele nedersettings met sonkrag deur die Stedelike en Munisipale Ontwikkelingsfonds te voorsien. Die bank se fonds is deel van die Informele Nedersetting Herwinbare Elektrisfisering- en Opgraderingsprogram van die stad. Sowat 200 000 mense in informele nedersettings in Windhoek sal regstreeks by die program baat met 20 persent van die inwoners van die hoofstad wat nie toegang tot elektrisiteit het nie. Die bank sê kragvoorsiening is nou ingesluit is sy portefeulje van meer as 20 stedelike ontwikkelingsprojekte.