Namibiese Mededingingskommissie beboet twee maatskappye ná skikking

Maxes Office Machines en Riso Africa het ‘n skikkingsooreenkoms met die Namibiese Mededingingskommissie aangegaan na afloop van ‘n  ondersoek van nie-mededingende gedrag van die twee maatskappye. Dit volg ná die twee maatskappye ‘n eksklusiewe verspreiders-ooreenkoms aangegaan het. Beide Maxes en Riso het ‘n ooreenkoms met die kommissie aangegaan om ‘n totale skikkingsbedrag van 341 601 Namibiese dollar elk te betaal. Dit sluit ‘n boete van 273 280 dollar elk in, asook die ondersoek-koste van die kommissie van 68 320 dollar wat binne 24 maande betaal moet word.