Saara praat in New York oor vroue en biodiversiteit
Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die VN se hoë-vlak vergadering oor verwoestyning en droogte in New York bygewoon. Die tema vanjaar is die rol van vroue in die stryd teen verwoestyning en die verlies van biodiversiteit. Kuugongelwa-Amadhila het melding gemaak van die regering se 50/50 geslagsbeleid en ook die erkenning van die rol van vroue in die bewaring van inheemse kennis en biodiversiteit beskerming. Die regerende party het groot vordering gemaak in die bewaring van veral graslande en volhoubare weidingspraktyke, maar, die eerste minister het toegegee dat daar nog baie werk gedoen moet word. Sy sê finansiering ontbreek en so ook, toegang vir vroue tot grond en finansiële bystand. Namibië is veral kwesbaar vir verwoestyning.