ANC vies oor Winde se VSA Agoa-besoek
Die buurland se Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het sy verontwaardiging uitgespreek oor die Wes-Kaapse premier Alan Winde en sy afvaardiging se onlangse reis na die VSA. Die departement meen die afvaardiging het dalk sy mandaat oor buitelandse beleid oorskry, aangesien die formulering van die land se buitelandse beleid en die toepassing daarvan by die nasionale regering lê. Alhoewel die department pogings deur provinsiale regerings waardeer om nasionale werk aan te vul, dring hy aan op behoorlike koördinering aan ten einde ‘n verenigde buitelandse beleidstandpunt te handhaaf.